

































LUUKSE 3-SLAAPKAMER 2 BADKAMER HUIS MET HOPE EKSTRAS WAT DIT DIE PERFEKTE WONING MAAK!
Description
LUUKSE , LAE ONDERHOUD HUIS MET UITSIG OOR DIE GROOT INHEEMSE BOME LANGS DIE GOLFBAAN , 'N WONING TOEGERUS SOOS MIN (OFF THE GRID!) Hierdie pragtige en goed beplande 3 slaapkamer huis met 2 badkamers (1 en-suite) , kuier stoep, moderne oopplan kombuis, dubbel garage met dubbel afdakke bied gemak, styl en moderne selfonderhoudende leefstyl in ’n rustige omgewing wat grens aan ’n pragtige inheemse boomryke gebied en golfbaan. Wanneer jy by die voordeur instap, word jy verwelkom deur ’n ruim uitleg waar die eetkamer aan die linkerkant en die sitkamer aan die regterkant geleë is. Die huis vloei na ’n ruim oopplan kombuis en TV-kamer wat uitloop na ’n stoep – ideaal vir ontspan en kuier terwyl jy die pragtige tuin en natuurskoon geniet. ’n Gang lei na die slaapgedeelte waar twee gerieflike slaapkamers langs mekaar geleë is, met ’n netjiese gastebadkamer. Die hoofslaapkamer het baie ingeboude kaste, is ruim en beplan met ’n ekstra klein kamer area wat perfek gebruik kan word as ’n studeerkamer, naaldwerkkamer of hobbyruimte en dit bevat ook 'n ruim stort. Die hoofslaapkamer beskik ook oor ’n en-suite badkamer met bad, toilet en wasbak. Die buite-area bied ’n pragtige, goed versorgde tuin wat direk grens aan die golfbaan – ’n rustige en asemrowende natuurtoneel reg by jou huis. Hierdie eiendom bied ook uitstekende praktiese en moderne kenmerke: • Dubbele afdak en 2 garages • 44 sonpanele, 16kVa inverter en 3 lithium batterye • 300L songeiser • 220m boorgat met watersuiweraar • 2 x 5000L watertenks met UV-ligte • Waterverkoeler • Outomatiese besproeiing met timer • Easyview sekuriteitskameras en alarmstelsel Hierdie huis kombineer luukse leefstyl, energie-onafhanklikheid en pragtige natuurskoon – ’n seldsame geleentheid vir die koper wat waarde heg aan gemak, sekuriteit en volhoubare lewe. Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.
Features
- 24 Hour Response
- Yes
- Alarm System
- Yes
- Backup Water
- Yes
- Built In Braai
- Yes
- Closed Circuit TV
- Yes
- Irrigation System
- Yes
- Smoking Allowed
- Yes
- Family / TV Room
- Yes
- Borehole
- Yes
- Fence
- Yes
- Garden
- Yes
- Golf Estate
- Yes
- Paveway
- Yes
- Scenic View
- Yes
- Security Post
- Yes
- Watersuiweraar
- Yes
- 300lt Son Geyser
- Yes
- Waterverkoeler
- Yes
- 44 Sonpanele
- Yes
- 3 Lithium Batterye
- Yes
- 16kVa Inverter
- Yes