































LEEF TUSSEN WILD EN NATUUR IN DIE HARTJIE VAN DIE BOSVELD
Description
BOSVELD LEEFSTYL IN CONSTANTIA OORD, NABOOMSPRUIT Hierdie pragtige huisie in die hartjie van die Bosveld is geleë in Constantia Oord, Naboomspruit. Geniet rustige boswandelings tussen kameelperde, verskeie boksoorte en ’n besonderse voëllewe – ’n ware natuurervaring reg op jou voorstoep. Die huis bestaan uit twee slaapkamers, asook ’n netjiese loft wat ruim genoeg is vir twee enkelbeddens met voldoende beweegruimte. By aankoms word jy verwelkom deur ’n goed uitgelêgte voortuin wat lei na die eerste ruim vertrek – ’n toegemaakte lapa met seilafskortings en ‘n ingeboude braai, ideaal vir kuier saam met familie en vriende. Van hier vloei die woning na ’n netjiese oopplan kombuis/eetkamerspasie. Vanuit die eetkamer bereik jy die volledige gastebadkamer (stort, bad, toilet en wasbak). Net voor die badkamer is daar ’n ruim area met ekstra kaste, asook plek vir ’n wasmasjien, tuimeldroër en ’n wasgoedtrog. Op pad na die sitkamer vind jy die trappe na die loft, wat netjies afgerond is en praktiese akkommodasie bied. Die sitkamer, met skuifdeur na buite, skep ’n lekker ligte en oop leefruimte. Vanuit die sitkamer beweeg jy na die ruim hoofslaapkamer met en-suite badkamer, aangevul deur ekstra ingeboude kaste aan weerskante op pad na die badkamer. Buite bied die eiendom: • ’n Dubbele afdak • ’n Netjiese, afgeslote tuintjie met houtreëlings • ’n 2 x 3 meter tuingereedskapskamer Hierdie woning is besonder netjies en uitstekend onderhou – werklik “turn-key ready”. ’n Ideale keuse vir iemand wat rustigheid, natuur en gerief wil kombineer. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Features
- Built In Braai
- Yes
- Garden
- Yes
- Scenic View
- Yes