Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 1
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 2
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 3
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 4
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 5
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 6
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 7
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 8
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 9
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 10
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 11
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 12
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 13
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 14
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 15
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 16
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 17
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 18
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 19
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 20
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 21
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 22
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 23
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 24
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 25
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 26
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 27
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 28
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 29
Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste, photo 30
For SaleHouse

Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste

3 bedrooms 2 bathrooms

Description

EKSKLUSIEWE MANDAAT - 3-Slaapkamer 2 badkamer Bosveldwoning in Kammaland – Aandele-eienaarskap Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer woning in die rustige Kammaland-landgoed bied die ideale balans tussen gesinslewe en gemaklike afskaal. Die ontwikkeling bestaan uit slegs 38 huise en is veilig omhein met ’n geoutomatiseerde toegangshek. Inwoners en hul besoekers kan ook gebruik maak van ’n gesamentlike swembad – perfek vir sorgelose kuiertyd. Die natuurlike omgewing is besonders aantreklik, met njalas wat gereeld langs die heining beweeg en rooibokkies wat op die grasperke kom kuier. Jy betree die woning by die voordeur direk in die sitkamer – knus maar voldoende. Reg voor jou is ’n slaapkamer met ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer. Links vanaf die sitkamer lei ’n gang na die res van die huis. Aan die regterkant van die gang is die ruim kombuis, terwyl daar aan die linkerkant nog twee slaapkamers is. Aan die einde van die gang is ’n tweede badkamer wat hierdie kamers bedien. Die kombuis is ruim en prakties uitgelê en vloei uit na ’n gesellige kuierstoep waar ure se kwaliteit familietyd geniet kan word – ’n ideale spasie vir ontspan en onthaal. Die woning is groot genoeg vir ’n gesin, maar ook perfek geskik vir diegene wat wil afskaal sonder om te veel ruimte prys te gee. Bykomende kenmerke sluit in: • ’n Buitegebou vir ekstra stoorplek • 3 watertenks met ’n drukpomp vir betroubare watervoorsiening • 6 sonpanele en 1 battery – voldoende vir noodkrag om die noodsaaklikhede aan die gang te hou Hierdie eiendom bied ’n rustige Bosveld-leefstyl met praktiese geriewe en natuurlike skoonheid – ’n uitstekende geleentheid vir die Bosveld- en natuur liefhebber. SLEGS KONTANT KOPERS Vrywaring: Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.

Features

Backup Water
Yes
Smoking Allowed
Yes
Family / TV Room
Yes
Access Gate
Yes
Fence
Yes
Garden
Yes
Scenic View
Yes
6 Solar Panels with invertor and battery
Yes
Waterfilter in kitchen
Yes
Gesamentlike Swembad
Yes