

























































WAAR NATUUR, RUIMTE & RUSTIGHEID SAAMVLOEI – ’N BESONDERE HUIS IN DIE OOG
Description
PRAGTIGE 2-SLAAPKAMER, 2-BADKAMER EIENDOM - DIE OOG AFTREEOORD Hierdie ruim twee-slaapkamer, twee-badkamer eiendom met een dubbelafdak en een enkelafdak is geleë in die gewilde Die Oog Aftreeoord. Die eiendom is besonder mooi geleë op ’n hoek in ’n rustige bosgedeelte, met die koppie en sy ongerepte natuur sigbaar aan die een kant van die huis, terwyl die ongerepte natuurreservaat aan die ander kant van die eiendom geleë is. Die ligging bied dus ’n besondere gevoel van privaatheid en ’n direkte verbinding met die natuur. Die toesluitmotorhuis is omskep in ’n praktiese ekstra vertrek met ruim kaste en rakke. Hierdie vertrek bied verskeie moontlikhede en kan gebruik word as ’n werkskamer, ekstra slaapkamer of stokperdjieruimte, of kan indien verkies weer na ’n motorhuis omskep word. Aan die agterkant is daar ’n skuifdeur wat toegang bied tot ’n geplaveide area waar daar ook ’n bergplek en ’n praktiese werksoppervlak is. Wanneer jy vanaf die afdak by die voordeur instap, betree jy die oop eetkamer en oopplan-kombuis. Die omskepte motorhuis/ekstra vertrek is aan die linkerkant. Die kombuis beskik oor ’n opwasarea aan die agterkant, wat deur ’n praktiese muurtjie gedeeltelik van die res van die kombuis afgeskei word. Vanuit die kombuis lei ’n agterdeur na ’n aparte, geplaveide area onder ’n afdak. Hierdie ruimte is toegemaak en beskik oor ’n wastrog wat dit ’n gerieflike en funksionele wasarea maak. Vanuit die oopplan-eetkamer en kombuis vloei die leefruimte natuurlik oor na die sitkamer, wat ’n aangename L-vorm vorm. Die sitkamer beskik oor skuifdeure wat na die geplaveide binnetuin lei. Die binnetuin het ook ’n bedding teen die muur waar plante volgens jou eie smaak aangeplant kan word, wat die geleentheid bied om ’n persoonlike en rustige tuinruimte te skep. Vanuit die sitkamer lei die kort gangetjie na die gastekamer aan die linkerkant, gevolg deur die gastebadkamer. In die kort gangetjie is daar ook ekstra linnekaste wat voorsiening maak vir waardevolle bykomende stoorplek. Van daar af stap jy in die ruim hoofslaapkamer. Wanneer jy vanuit die slaapkamer na die badkamer beweeg, is daar kaste aan beide die linker- en regterkant, wat uitstekende klere- en bêreplek bied. Die hoofslaapkamer beskik ook oor ’n skuifdeur wat direk na die geplaveide binnetuin lei. Hierdie eiendom bied genoegsame ruimte en praktiese leefareas, terwyl dit steeds ideaal is vir die persoon wat graag wil afskaal sonder om gemak, ruimte en privaatheid prys te gee. Die rustige ligging en die omliggende natuur maak dit ’n besondere plek om te woon. Die Oog Aftreeoord bied ’n rustige bosveldleefstyl in ’n natuurryke omgewing en is ideaal vir persone wat die rustigheid van die natuur en ’n veilige, gevestigde aftreegemeenskap waardeer. Met die omliggende natuur en rustige atmosfeer bied Die Oog die geleentheid om die eenvoud van aftrede te geniet, terwyl jy steeds deel is van ’n gemeenskap en naby die nodige geriewe van Naboomspruit (Mookgophong) is. Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.
Features
- 24 Hour Response
- Yes
- Smoking Allowed
- Yes
- Clubhouse
- Yes
- Garden
- Yes
- 6 x Solar Panels
- Yes
- 1 x Solar Battery
- Yes
- Solar Inverter
- Yes
- Solar Geyser
- Yes