Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 1
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 2
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 3
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 4
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 5
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 6
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 7
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 8
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 9
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 10
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 11
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 12
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 13
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 14
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 15
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 16
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 17
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 18
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 19
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 20
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 21
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 22
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 23
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 24
Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede, photo 25
For SaleHouse

Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede

2 bedrooms 1 bathrooms

Description

Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede in ’n Natuurparadys Hierdie netjiese grasdakhuisie is met trots en sorg onderhou en bied alles wat jy nodig het vir gemaklike, aktiewe aftrede. Die woning beskik oor 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer, ’n netjiese kombuis, en ’n aparte sitkamer wat via ’n skuifdeur oopmaak na ’n pragtige, goedversorgde tuintjie. Wanneer jy deur die voorhekkie instap, word jy begroet deur ’n kunstige tuinontwerp aan die linkerkant van die paadjie wat jou lei tot by die voordeur. Hier vind jy die lieflike lapa met ingeboude braai, ideaal vir onthaal of rustige kuier. Wanneer jy verder aanstap, stap jy in die res van die beeldskone tuin, ’n rustige toevlug wat jou elke dag nader aan die natuur bring. By die voordeur in, betree jy die gerieflike, praktiese kombuis – smaakvol afgewerk met graniet blaaie en ligte kaste wat lig en ruimte uitstraal. Reguit vorentoe en effens links is die ruim sitkamer, met ’n skuifdeur na die tuin – perfek vir natuurlike lig en ventilasie. Oppad na die sitkamer vind jy aan die regterkant die eerste slaapkamer, ideaal vir gaste of as studeerkamer. Regs van die kombuis is die hoofslaapkamer, rustig geleë vir privaatheid en gerief met baie ekstra kaste vir oorgenoeg pakplek. Net voor jy hierdie kamer betree, is die stylvolle badkamer aan jou linkerkant, volledig toegerus met bad, stort, wasbak en toilet – alles in ‘n netjiese, toeganklike uitleg. Die huis is smaakvol opgegradeer en bied ‘n wonderlike balans tussen kompakheid en leefruimte – ideaal vir diegene wat wil afskaal sonder om op leefkwaliteit in te boet. Oordgeriewe en Leefstyl Die Oog Aftree Langoed is nie net ‘n plek om te woon nie – dit is ‘n leefstyl. Die oord bied: ‘n Warmwater-swembad waar inwoners daagliks kuier of in stilte ontspan tot laat in die aand. Sorgeenheid, restaurant en winkeltjie op die perseel vir jou gerief. Naboomspruit is slegs 16 km weg en beskik nou oor ’n Checkers wat 60/60 aflewering bied reg tot by jou deur. Die plaaslike apteke lewer ook daagliks medikasie en maandelikse voorskrifte af. Gemeenskapsgevoel en Aktiwiteite Hier leef jy tussen vriende. Die inwoners is soos ’n uitgebreide familie, en die gemeenskap bruis van aktiwiteite: Daaglikse oefenklasse in die saal: Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strekklasse, en lyndans vir beginners en gevorderdes. Aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voëlkyk, boomidentifikasie, fietsry, draf en natuurstappe in die omliggende natuurreservaat – óf as groep, óf op jou eie met ‘n piekniekmandjie. Die restaurant en eetarea is gewild vir sy bekostigbare, huislike boerekos waar inwoners saam eet en gesels. Op die stoep is daar pooltafels, en die restaurant spog gereeld met spesiale aanbiedinge en ’n uiteenlopende spyskaart. Die Oog gee werklik betekenis aan sy leuse: “Aktiewe Aftrede” Hierdie woning is ‘n uitstekende belegging in ‘n leefstyl van gemak, natuur, aktiwiteit en gemeenskap. Moet dit nie misloop nie – skakel vandag nog om ‘n afspraak te maak vir besigtiging. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.

Features

24 Hour Response
Yes
Built In Braai
Yes
Lapa
Yes
Garden
Yes
Paveway
Yes